Floreer Oorsee is 'n vennootskap tussen Hendrika Jooste en Dr. Christina.
Hendrika Jooste staan bekend as die Migrant Whisperer. Sy is 'n Master Certified Life Coach met 17 jaar se ondervinding in Immigrasie en Kulturele Integrasie Lewensafrigting. Sy is die mede-skrywer van twee boeke, naamlik Your DIY Move Guide to Australia: The South African Guide en Your DIY Move Guide to Australia (Amazon bestseller).
Dr Christina is 'n Persoonlike en Professionele Leierskapafrigter, wat passievol is om mense te begelei om leierskap van hulle eie lewens te neem en om die beste weergawe van hulself te wees, met ander woorde, lewe jou lewe sonder enige spyt en verwyte.